Afrikaanse Musiek

 
 

 
 

 
 
       

 

     
 

 
 
 
 
 

 


 


 
 
 


 


 
 


 


 
 

 


 


 
 


 


 
 
 
 
 
 

 
 
 
 
 
 
 
 


 
 
 
 
 
 
 
 
 







 















 
 
 
 
 
 
 

Sunette Bridges

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Sunette Bridges
Beroep(e) Sanger
Instrument(e) Stem
Uitgewer(s) VAT VYF, CAPITOL, EMI, MARKON RECORDS
Webwerf sunettebridges.co.za



Portal.svg Musiekportaal

Sunette Bridges is 'n Suid-Afrikaanse sangeres en die dogter van die legendariese sanger Bles Bridges. Sy is veral bekend vir haar politieke oortuigings

Diskografie

  • Let The Music Play, MARKON RECORDS
  • Gister, Vandag en Môre, 2007
  • Sprokie
  • Opskop treffers en ander, 2003 EMI
  • Kan Jy Dans?, 2003 CAPITOL
  • Dit Is My Lewe!, 2001 VAT VYF
  • Vrou Alleen

Bibliografie

  • Gister, Vandag en Môre: 'n Vrou Wat Gekies Het Om Met 'n Dapper Hart Te Leef, ISBN 1920156410, 2007.

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels


Dozi

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Dozi
Geboortenaam Hendrik Opperman
Alias Dozi
Geboorte 23 Maart1964
Hluhluwe, Natal
Beroep(e) Sanger
Aktiewe jare 1999 - nou
Uitgewer(s) EMI
Webwerf dozi.co.za



Portal.svg Musiekportaal

Dozi (gebore Hendrik Opperman op 23 Maart1964) is 'n Suid-Afrikaanse sanger wat oor kultuurgrense bekend is vir sy Afrikaanse, Engelse en Zoeloe optredes. Van sy treffers sluit in: Ou Ryperd ('n heropname), Tussen Jou en My, Staan Net 'n Bietjie Stil en Maybe my Baby.

Dozi is gebore in Hluhluwe in Natal en het al op 'n vroeë ouderdom begin sing. In 1999 word sy eerste album, "Mercy", vrygestel. Die album is in Zoeloe opgeneem. Sy tweede album, "Op Aanvraag", word in 2001 in Afrikaans uitgegee.

Diskografie

Albums vrygestel:

  • Mercy, 1999 (debuut album)
  • Op Aanvraag, 2001
  • Storm op die Horison, 2001
  • Siyaya... Ons gaan, 2003
  • Rockin' the world, 2003
  • Dozi Live in the Rendezvous (DVD), 2004
  • Kruispad, 2004
  • Grootste Treffers, 2006
  • Kom ´n Bietjie Binne, 2006
  • Wat Kom Nou?, 2007
  • Creedance Clearwater Revival, 2008
  • Voel So Reg, 2009
  • It Takes Two (saam met Nianell), 2009
  • Voel so reg, 2009
  • Terug by die begin, 2011

Sien ook

Eksterne skakels

Willem Botha

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Willem Botha
Beroep(e) Sanger, akteur
Genre(s) Pop, Rock
Aktiewe jare 2007 – nou
Uitgewer(s) Sony Music, Vat Vyf Musiek
Webwerf willembotha.com



Portal.svg Musiekportaal

Willem Botha is 'n Afrikaanse sanger en akteur. Botha is in 2004 as 'n wenner van die Plusster-talentkompetisie wat deur Die Burger aangebied word aangewys. In 2007 neem hy deel aan kykNET se Idols-reeks en word as naaswenner bekroon waartydens hy 'n platekontrak met Sony-musiek losslaan. Sy debuutalbum, Kô Ma Hier, is in 2007 uitgereik.In 2009 ontvang hy 'n Euro Ster-toekenning vir sy liedjie Dis alles 'n Miracle in die kategorie vir beste oorspronklike Afrikaanse liedjie.

Botha studeer tans drama aan die Universiteit van Stellenbosch.

Diskografie

  • It's Alright
  • Sê My Nou, 2009 VAT VYF MUSIEK
  • Inbox Van My Hart, 2007 GOUE DROME
  • Kô Ma Hier, 2007 VAT VYF/SONY

Filmografie

Verwysings

  1. Nie dié Idol, maar Alzonia en Willem het groot planne, Rapport, 3 September 2006.
  2. Willem Botha, Sarie, besoek op 9 Mei 2010.
  3. Vetseun.co.za, besoek op 9 Mei 2010.

Sien ook

Eksterne skakels

Kurt Darren

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Kurt Darren
Geboortenaam Kurt Johan van Heerden
Geboorte 19 Februarie1970 (46 jaar oud)
Pretoria
Beroep(e) Sanger, liedjieskrywer, TV-aanbieder
Genre(s) Pop
Instrument(e) Stem
Aktiewe jare 1995 - nou
Uitgewer(s) SELECT
Webwerf kurtdarren.co.za



Portal.svg Musiekportaal

Kurt Darren, gebore Kurt Johan van Heerden , is 'n bekende Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en TV-aanbieder. Darren se debuutalbum, For Your Precious Love, is in 1995 vrygestel. In 2002 maak hy sy deurbraak in die Afrikaanse musiekbedryf met sy album Meisie Meisie.

Darren se musiek kan ook in Nederland en Vlaams België gehoor word, maar word meestal deur ander kunstenaars gesing. Sy liedjies "Staan Op", "Meisie Meisie", "Kaptein Span die Seile", "Af en Af" en "Bloubergstrand se Sonsak" (Nederlandse Vinzzent, Dromendans 2012) is voorbeelde hiervan.

In 2010 ontvang Darren twee SAMA-toekennings vir beste verkopers in die afdelings "true tone"-aflaaideuntjie vir "Kaptein" en vollengte-aflaaideuntjie vir "Af en Af".

Hy was vanaf 2006 tot 2011 die aanbieder van die gewilde TV-program Jukebox wat op kykNET en verskeie radiostasies gebeeldsend word.

Biografie

Darren is in Pretoria gebore en matrikuleer aan die Hoërskool Lyttelton Manor. Sy pa was Afrikaanssprekend en sy ma Engelssprekend. Kurt het al van jongs af in musiek belanggestel en het op skool aan verskeie musiekblyspele deelgeneem.

Na matriek is Kurt weermag toe om sy basiese opleiding in Walvisbaai te doen. As lid van die weermag se vermaaklikheidsgroep toer hy vir 'n jaar saam met hulle boereorkes deur die land. Daarna werk hy as 'n wildbewaarder in die Krugerwildtuin en tree as 'n toergids op. Hy werk ook in die boubedryf voordat hy besluit om voltyds te begin sing.

Darren is op 8 Januarie 2011 met Dunay Nortjé in die eg verbind.

Albums

  • For Your Precious Love (1995)
  • Kurt Darren (1997)
  • Just When I Needed You Most (1998)
  • Since I Found You (1999)
  • Net Jy Alleen (2001)
  • Meisie Meisie (2002)
  • Sê Net Ja (2004)
  • Staan Op (2004)
  • Vat My, Maak My Joune (2005)
  • Lekker Lekker (2006)
  • Voorwaarts Mars (2007)
  • Uit Die Diepte Van My Hart (2008)
  • Smiling Back At Me (2009)
  • Die Beste Medisyne (2009)
  • So 'n Bek Kort Jam (2009)
  • Met Liefde .. With Love, 20 Akoestiese liefdesliedjies, 2010 SELECT
  • Oos Wes Tuis Bes, 2010 SELECT
  • Kaptein Se Platinum Treffers, 2011
  • In Jou Oë, 2012

Filmografie

Verwysings

  1. Kurt en Dunay trou spoggerig, Die Burger, 9 Januarie 2010, besoek op 10 Januarie 2011.
  2. Afrikaanse kunstenaars tops by Samas, Nuus24, besoek op 18 Maart 2010.
  3. Kurt span die seile met sy loslappie, Nuus24, besoek op 8 Januarie 2011.
  4. vetseun.co.za, besoek op 7 Maart 2010.

Sien ook

Eksterne skakels

Ray Dylan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Ray Dylan
Geboortenaam Jacobus Frederik Jersich
Geboorte 15 Augustus1978
Odendaalsrus, Suid-Afrika
Beroep(e) Sanger
Webwerf raydylanonline.co.za



Portal.svg Musiekportaal

Ray Dylan (Jacobus Frederik Jersich, gebore 15 Augustus1978 in Odendaalsrus) is 'n bekende Afrikaanse sanger. Van sy treffers sluit in Hokaai Stoppie Lorrie, Jessica, Breek die Ys en Asemloos.

In 2010 ontvang hy 'n SAMA-toekenning in die kategorie beste country-album (Afrikaans) vir Goeie Ou Country.

Diskografie

  • Verskietende sterre, 2012
  • Ek Wens Jy's Myne, 2010 SELECT
  • As die wiel ophou draai, 2009 EMI
  • Goeie Ou Country, SELECT 2009
  • Breek Die Ys, 2008 SELECT
  • Hier Binne (Klop ´n Boerehart) (DVD), 2007 SELECT
  • Hier Binne (Klop ´n Boerehart), 2007 SELECT
  • Hokaai Stoppie Lorrie, 2006 SELECT
  • New Kid In Town, 2002 EMI

Verwysings

  1. Afrikaanse kunstenaars tops by Samas, Nuus24, besoek op 18 Maart 2010.
  2. Vetseun.co.za, besoek op 18 April 2010.

Sien ook

Eksterne skakels

Joe Foster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Joe Foster
Beroep(e) Sanger, liedjieskrywer
Genre(s) Ligte Afrikaanse musiek
Webwerf joefoster.co.za
Assosiasies ADAM



Portal.svg Musiekportaal

Joe Foster is 'n Suid-Afrikaanse liedjieskrywer, solosanger en lid van die mansgroep ADAM. Hy het verskeie trefferliedjies soos "Gebore om jou lief te hê", "Hartklop" en "Hart Se Volkslied" geskryf. Hy tree gereeld by musiekfeeste op en het onder andere by die Huisgenoot-Skouspel opgetree.

Beknopte biografie

Foster het reeds op agtjarige ouderdom in musiek begin belangstel. Op 13 skryf hy sy eerste liedjie en op 19 is sy eerste album, "Invisble Destiny" opgeneem (nie meer beskikbaar is nie). Na die opname van "Invisble Destiny" het hy 'n kwalifikasie in musiekvervaardiging en klankingenieurswese aan die SAE Technology College in Amsterdam in die Nederland verwerf. Met sy terugkeer het hy sy eie studio en platemaatskappy begin en het voltyds as 'n musiekvervaardiger gewerk, onder andere aan albums soos die van Karen Wessels se "Hoe Durf Jy".

In 2010 sluit hy as 'n voltydse lid van die groep ADAM aan. In November 2013 stel hy sy debuut-enkelsnit met die naam, "Pad Na Jou Hart" vry. Dit is die temalied van die gelyknamige rolprent, Pad na jou hart, waarin hy ook as akteur verskyn.

Eksterne skakels

Steve Hofmeyr

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Steve Hofmeyr


Geboorte 29 Augustus1964
Pretoria
Beroep(e) Sanger, akteur, skrywer
Instrument(e) Stem
Aktiewe jare 1989–nou
Webwerf http://stevehofmeyr.co.za/



Portal.svg Musiekportaal

Steve Hofmeyr (gebore 29 Augustus1964 in Pretoria) is 'n Suid-Afrikaanse sanger, liedjieskrywer en akteur. Sedert 2006 is hy ook die gasheer van die kykNET-program Dis Hoe Dit Is met Steve.

Nadat hy in 1982 aan Grey-kollege in Bloemfontein gematrikuleer het, het hy twee jaar lank militêre diens in die weermag verrig, waarna hy by die Technikon Pretoria se dramaskool gestudeer het. Hier het hy in 1986 'n diploma in drama behaal. In 1998 het Hofmeyr met die aktrise Natasha Sutherland getrou; die egpaar het twee seuns, Sebastian (gebore op 13 Desember 2001) en Benjamin (gebore in 2003). Hulle is sedertdien geskei. Steve het weer geluk gevind en is in Januarie 2014 getroud met Janine.

Stamboom

Stephanus Johannes Hofmeyr is 'n afstammeling van die Hofmeyr-stamvader, Johann Heinrich of Jan Hinrick of Jan Hendrik Hofmeier of Hoffmeyer of Hofmeyr (1721–1806), se tweede oudste seun, Stephanus Johannes (1760–1826), 'n boer op die familieplaas Welgemeend in die Kaapse stadskom waarvan die herehuis nou aan die Hoërskool Jan van Riebeeck behoort. Stephanus Johannes se oudste seun was Jan Hendrik (1789–1862), 'n boer en wynkoper in Kaapstad. Sy vierde kind was ook Jan Hendrik (1818–1893), ook 'n boer op Welgemeend. Hierdie J.H. Hofmeyr se elfde kind, Stephanus Johannes (1859–1932), was eienaar en bestuurder van die perdebusdiens tussen Kloof- en Adderleystraat. Sy derde kind, Stephanus (Steve) Hofmeyr (1906–1944), was Steve Hofmeyr se oupa en 'n Rhodes-beurshouer asook medehoof van die Universiteitskorrespondensiekursusse in Pretoria. Steve se pa, Stephanus Johannes, is op 1 Junie1941 gebore en op 5 Mei1964 in Pretoria met Catharina Olivier (geb. 31 Maart1945) getroud. Steve is die oudste van hul vyf kinders, almal seuns.

Sy Suid-Afrikaanse voorsate is dus:

  1. Jan Hendrik Hofmeyr (1721–1806)
  2. Stephanus Johannes (1760–1826) (b2)
  3. Jan Hendrik (1789–1862) (c1)
  4. Jan Hendrik (1818–1893) (d4)
  5. Stephanus Johannes (1859–1932) (e11)
  6. Stephanus (Steve) Johannes Hofmeyr (1906–1944) (f3)
  7. Stephanus Johannes, (1 Junie1941 – ?) (g2)
  8. Stephanus (Steve) Johannes (29 Augustus1964) (h1)

Musiekloopbaan

Hofmeyr se musiekloopbaan het reeds vroeg in sy lewe begin: hy het as jong seun in die kerkkoor gesing en reeds op elfjarige ouderdom begin om musiek te skryf.

In 1997 tree hy tot die internasionale musiekarena toe met die duet You Don’t Bring Me Flowers wat hy saam met die Belgiese superster Dana Winner vir sy album True to You opgeneem het. Hierdie snit is ook in Nederlands (Vroeger Bracht Je Bloemen) opgeneem en het die nommer twee-posisie in die Belgiese "Top 100" behaal. Alle kaartjies vir Dana en Steve se gesamentlike optredes op die verhoog in België en Suid-Afrika was uitverkoop. Een van Steve se eie liedjies was ook 'n treffer vir Dana in Europa

Steve Hofmeyr het in 2001 deur Suid-Afrika getoer met Beautiful Noise wat die lewe en musiek van Neil Diamond uitgebeeld het. Hy het in dié jaar ook sy DVD met dieselfde titel uitgereik. Die toer was 'n groot sukses met 224 konserte waarvan al die kaartjies uitverkoop was. Van die liedjies wat Hofmeyr self geskryf het, is 150 reeds deur Suid-Afrikaanse en internasionale kunstenaars opgeneem.

Digkuns

Hofmeyr het reeds drie digbundels geskryf, maar slegs een, Valkuns, is in 1997 deur Human & Rousseau gepubliseer. Oor dié bundels sê hy: "Ek het min illusies: hulle's nog ver van reg af". en "Ek’s nie 'n grootse digter nie. Hulle is eintlik maar net ekonomiese liedjies of gekondenseerde lui gedagtetjies!"

Toekennings

  • 2003: ATKV Beste Onderhoud in 'n Tydskrifprogram: as onderhoudvoerder in die kykNET-reeks Dis Hoe Dit Is, wat in 2002 uitgesaai is.
  • 2004: SAMA-toekenning vir die bes verkopende kunstenaar vir die album Toeka (165 000 eenhede verkoop).
  • 2004 Solidariteit se "Grootste Bydrae tot Bevordering van Afrikaans"-toekenning.
  • 2005 (GMT)Geraas-toekennings: Beste verkope in 2004 (vir die CD Toeka 2).
  • 2005 (GMT)Geraas-toekennings: Liedjie van die jaar (Pampoen).

Bibliografie

  • Vier briewe vir Jan Ellis, EAN: 9781770220812
  • Valkuns, Human & Rousseau, 2007, ISBN 0798137452

Verhoogoptredes

  • Bar and Ger
  • Summer Holiday
  • Joseph and His Amazing Technicolor Dreamcoat (1989)
  • Die Soen (1997, tydens die Klein Karoo Nasional Kunstefees)
  • The Sound of Music (2005)
  • Dis Hoe Dit Was: Die Steve Hofmeyr-storie (2007)

Rolprente

TV-programme

  • Guillam Woudberg (1985)
  • Agter Elke Man (as Bruce Beyers, 1986 - 1988)
  • Egoli (as Doug Durand, 1992 - 2001)
  • Sporting Chance (aanbieder, 1995)
  • Dis Hoe Dit Is met Steve (gasheer, 2006 -)
  • 7de Laan (as Brandt van den Bergh, 2007 -)

Musiek

Albums

Jaar
Titel Opmerking
1989 Desertbound Platinumstatus.
1990 Only Me Goue status.
1991 Steve Goue status.
1992 No Hero Klankbaan van die film No Hero, goue status.
1993 Tribute Platinumstatus.
1994 Die Treffers / The Hits Platinumstatus.
1994 Tribute, Vol.2
1996 Decade of Steve Hofmeyr Goue status. Ook op video uitgereik.
1997 True to You Goue status
1997 Die Bloubul Song Enkelsnit, multiplatinumstatus.
1997 Close to You Enkelsnit.
1999 Southern Cross Goue status
2000 Beautiful Noise Multiplatinumstatus
2000 Grootste Treffers Vol.2 Platinumstatus
2002 Engele Om Ons Goue status
2003 Toeka Multiplatinumstatus
2004 Toeka 2 Multiplatinumstatus
2005 Grootste Platinum Treffers Dubbel-CD, multiplatinumstatus.
2006 Laaities en Ladies Goue status.
2007 Waarmaker
2010 Duisend en Een
2011 Haloda

DVD's

  • A Beautiful Noise - On a Hot August Night - The Music of Neil Diamond
  • Grootste Platinum Treffers
  • Toeka - Nag van die Legendes

Verwysings

  1. (af) (en) Hofmeyr, W. Lou(w); Hofmeyr, Nico J.; Hofmeyr, S.M.; Hofmeyr, George S.; Hofmeyr, Johannes W. (samestellers). 1987. Die Hofmeyrs: 'n Familiegeskiedenis. Lynnwoodrif en Bloemfontein: Die Samestellers.
  2. About Entertainment - Steve Hofmeyr. Laaste besoek op 29 Augustus 2007.
  3. (nl) Vroeger Bracht Je Bloemen - Dana Winner en Steve HofmeyrYouTube
  4. Oorspronklike Engelse aanhaling: "I have few illusions; they're far from ready..." vanaf Hands On Promotion - Steve Hofmeyr. Laaste besoek op 29 Augustus 2002.
  5. Kuier saam in Afrikaans. Laaste besoek op 29 Augustus 2002.

Sien ook

Commons-logo.svg
Wikimedia Commons het meer media verwant aan:

Eksterne skakels



Theuns Jordaan

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Theuns Jordaan
 
Theuns Jordaan tydens 'n optrede op Langebaan.

Geboorte 10 Januarie 1971
Distrik
Venterstad
Beroep(e) Sanger, liedjieskrywer
Genre(s) Ligte Afrikaanse musiek
Instrument(e) Stem, kitaar
Aktiewe jare 2000 – nou
Uitgewer(s) EMI-musiek
Webwerf theunsjordaan.co.za



Portal.svg Musiekportaal

Theuns Jordaan is 'n Suid-Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy sing liedjies wat hy self skryf, sowel as liedjies van bekende liedjieskrywers soos Koos du Plessis, Johannes Kerkorrel en David Kramer. Sy eerste twee albums het dubbelplatinumstatus verbygesteek. Saam met Karla du Plessis sing hy die lied "Wie weet" wat die temalied van die TV-program Jopie Adam was.

Lewe

Theuns Jordaan is op 10 Januarie1971 op 'n Karoo-plaas naby Venterstad, 30 km van Bethulie, gebore en grootgemaak. In sy matriekjaar aan die Hoër Volkskool Graaff-Reinet het hy sy liefde vir rugby met 'n kitaar begin deel. As kind is sy musiektalent in sy ouerhuis aangemoedig. Ná skool is hy weermag toe. Ná voltooiing van sy diensplig het hy Bedryfsielkunde aan die Universiteit van Stellenbosch gestudeer en 'n B.Ekon.-graad verwerf.

Jordaan was 'n inwoner van Majuba-manskoshuis, en dit was ook op Stellenbosch waar Theuns al meer begin sing het. Op 21 Oktober1992 het hy vir die eerste keer voor 'n gehoor in die kuierplek The Terrace opgetree met 'n paar rand en 'n pizza as enigste betaling.

Loopbaan

Sy moedertaal Afrikaans het by die Universiteit vir hom 'n passie geraak en hy het begin liedjies skryf, geïnspireer deur Koos du Plessis, Anton Goosen en David Kramer.

Met sy graad in die hand verruil Theuns in 1998 Stellenbosch vir Pretoria. Hy was vir 'n jaar entrepreneur. Johan Bakkes het hom gehelp om sy debuutalbum Vreemde Stad op Stellenbosch op te neem. Vyf van die snitte op die album, wat in 2000 by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees baie suksesvol vrygestel is, is deur hom self geskryf. Daarna is 'n verbeterde opname van Vreemde Stad deur EMI-musiek her-vrygestel. Die album het in 2003 Trippel Platinumstatus (150 000 kopieë) verbygesteek om een van die suksesvolste debuut-albums nog ooit in Afrikaans te word met verkope wat reeds verby die 210 000-merk is.

Die langverwagte tweede album, Tjailatyd, is by Aardklop in 2002 bekendgestel, en ook hierdie album se verkope is reeds by bykans 220 000.

Die kitaarspeler Anton L’Amour begin gereeld saam met Theuns optree, 'n samewerking wat vandag nog deel is van Theuns se loopbaan. In November 2005 is Seisoen vrygestel, en hierdie keer was L’Amour in die regisseurstoel. Seisoen het ook vir rekordverkope gesorg met meer as 115 000 CD’s wat verkoop is. Theuns het dus met slegs drie albums verkope van meer as 500 000 behaal.

In 2007 het Theuns besluit om sy sewe jaar as professionele sanger op een album saam te vat. Grootste Treffers is in Maart vrygestel en het byna 85 000 tot op datum verkoop.

Op 28 Maart 2008 is Theuns en Juanita du Plessis se Bring Jou Hart op DVD vrygestel. Dit was 'n reuse sukses, en daar is ook 'n CD vrygestel. Die DVD se verkope was 105 000 en die CD s'n 'n rekordgetal van 120 000.

Theuns was nog altyd 'n groot aanhanger van die musiek van Koos du Plessis en in April 2009 is Koue Vuur vrygestel. Dit het binne twee maande platinumstatus behaal met verkope wat tans op meer as 100 000 staan.

2012 was 'n groot jaar vir Theuns. Nie net het hy sy vyfde solo-CD, Roeper, vrygestel nie, maar hy en Juanita het weer saamgewerk op Hart Vol Drome.

Roeper was een van 2012 se grootste verkopers en het lank op die topverkoper-lyste van platewinkels en programme soos RSG se Top 20 en DKNK geboer. Die handvol Ghoema-toekennings wat die album in April 2013 gewen het – onder meer vir album van die jaar – het beteken dat dit later die maand wéér op RSG se Top 20 was. Die verkope van die album is verby die 125 000-merk en ook kritici het die album geloof as een van die beste die afgelope tyd.

Theuns is met sy diep rasperstem nie net 'n uitstekende sanger nie, hy het ook deur die jare sy staal as liedjieskrywer gewys. Verskeie groot treffers – Soos Bloed, Jou Asem, Roeper van My Hart en Net Voor die Storm Kom – is uit sy pen.

Groot sukses in 2013

2013 was 'n groot jaar vir Theuns Jordaan met sy album Roeper wat verskeie pryse ingeryg het. By die Ghoema-toekenningsaand vroeg in 2013 het Theuns vyf toekennings gewen – album van die jaar, beste kontemporêre manskunstenaar, beste albumverkoper én beste DVD vir Hart Vol Drome saam met Juanita du Plessis. Theuns het ook die Diamantprys vir totale verkoopsyfers van meer as 1 miljoen ontvang. By die Sama-toekennings in Mei van dié jaar het hy twee pryse gewen – een vir die beste Afrikaanse kontemporêre album (vir Roeper) en ook die groot prys van die jaar, dié van topverkoper album in Suid-Afrika. By die Tempo-toekennings het hy die topverkoper mans-album vir die jaar gewen vir Roeper. Daarnaas het hy saam met Juanita du Plessis die toekenning gewen vir die topverkoper DVD vir Hart Vol Drome.

Diskografie

Theuns Jordaan het tot dusver sewe albums vrygestel:

  • Vreemde stad (1999)
  • Tjailatyd (2002)
  • Seisoen (2005)
  • Grootste Treffers (2007)
  • Bring Jou Hart — met Juanita du Plessis (2008)
  • Driekuns (2009)
  • Kouevuur — Die musiek van Koos du Plessis (2009)

Albums

Vreemde stad (1999)

  1. Klein Verbond
  2. Onthou Jy Nog
  3. Skipskop
  4. Makiesakie
  5. In Beaufort-Wes
  6. Sonvanger
  7. Visserman
  8. Skielik Is Jy Vry
  9. Vreemde Stad
  10. Lalie
  11. Hakieshart
  12. Sien Jou Weer
  13. Loslappie Mengelmoes
  14. Liedjieboer Mengelmoes

Tjailatyd (2002)

  1. Soos Bloed
  2. Hanne
  3. Gesiggle
  4. Straattroebadoere
  5. As Ek Vra
  6. Tjallatyd
  7. Hoe Draai Die Wind Dan Nou
  8. Moenie
  9. Vermiste Mense
  10. Alleen Sonder Jou
  11. Buitekant
  12. Waar Was Jy
  13. Laslappie

Seisoen (2005)

  1. Jou asem
  2. Hillbrow
  3. Skadu in die nag
  4. Namibsroos
  5. Ek roep jou naam
  6. Stofpad
  7. Praat is te laat
  8. Wie weet
  9. Donkerpad
  10. Bietjie van my
  11. Huise van glas
  12. Jukebox medley:Kalbassies,Travel in Staail,Hex-Vallei,City/Stad,Meisie sonner sokkies,Die skoene moe
  13. Groet sonder woorde

Grootste Treffers (2007)

  1. Soos Bloed
  2. Jou Asem
  3. Hakieshart
  4. Namibsroos
  5. Hanne
  6. Beautiful in Beaufort-Wes
  7. Skipskop
  8. Hillbrow
  9. Pakpoort
  10. Sonvanger
  11. Vreemde Stad
  12. Buitekant
  13. Visserman
  14. Tjailatyd
  15. Bietjie van My
  16. Laslappie
  17. Bring Jou Hart
  18. Moenie
  19. Groet Sonder Woorde

Bring Jou Hart — met Juanita du Plessis (2008)

CD 1

  1. Intro
  2. Bring Jou Hart
  3. Vergeet om my te Vergeet
  4. My Best Friend
  5. Beautiful in Beaufort-Wes
  6. Hanne
  7. Namibsroos
  8. Skipskop
  9. Vier Seisoene Kind
  10. Country Medley
  11. Jou Skaduwee
  12. Vlieg Hoog
  13. Gospel Medley

CD 2

  1. Because it's Love
  2. Daar
  3. Bietjie van My
  4. Jou Asem
  5. Soos Bloed
  6. Dis Waar ek wil Wees
  7. Nou wat nou
  8. Lepellê
  9. Golden Oldie Medley
  10. Finale Medley

Driekuns (2009)

CD 1 – Vreemde Stad

  1. Klein Verbond
  2. Onthou Jy Nog
  3. Skipskop
  4. Makiesakie
  5. Beautiful In Beaufort-Wes
  6. Sonvanger
  7. Visserman
  8. Skielik Is Jy Vry
  9. Vreemde Stad
  10. Lalie
  11. Hakieshart
  12. Sien Jou Weer
  13. Loslappie Mengelmoes
  14. Liedjieboer Mengelmoes

CD 2 – Tjailatyd

  1. Soos Bloed
  2. Hanne
  3. Gesiggle
  4. Straattroebadoere
  5. As Ek Vra
  6. Tjallatyd
  7. Hoe Draai Die Wind Dan Nou
  8. Moenie
  9. Vermiste Mense
  10. Alleen Sonder Jou
  11. Buitekant
  12. Waar Was Jy
  13. Laslappie

CD 3 – Seisoen

  1. Jou asem
  2. Hillbrow
  3. Skadu in die nag
  4. Namibsroos
  5. Ek roep jou naam
  6. Stofpad
  7. Praat is te laat
  8. Wie weet
  9. Donkerpad
  10. Bietjie van my
  11. Huise van glas
  12. Jukebox medley:Kalbassies, Travel in Staail, Hex-Vallei, City/Stad, Meisie sonner sokkies, Die skoene moe
  13. Groet sonder woorde

Kouevuur — Die musiek van Koos du Plessis (2009)

  1. Kouevuur
  2. Kinders van die Wind
  3. Môreliedjie
  4. Onthou jy nog
  5. Sprokie vir 'n Stadskind
  6. Jantjie van die Berge
  7. Skielik is jy vry
  8. Op die pad na Nooitgedacht (Duet met Robbie Wessels)
  9. Skimme
  10. As Almal vêr is
  11. Herbergier
  12. Vermiste Mense
  13. Skerwers
  14. Skadu's teen die Muur
  15. Groet sonder Woorde
  16. Molberge (Duet met Karla du Plessis)
  17. Gebed

Filmografie

Sien ook

Pieter Koen

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Pieter Koen
Oorsprong Standerton, Suid-Afrika
Geboorte 2 September
Beroep(e) Sanger
Aktiewe jare 2007 – nou
Uitgewer(s) SELECT, EMI
Webwerf pieterkoen.co.za



Portal.svg Musiekportaal

Pieter Koen is 'n Afrikaanse sanger, voormalige Radio Rippel-omroeper en aanbieder van KykNET se gewilde musiekprogram op Saterdagaande, Jukebox. Van sy treffers sluit in: Skud Jou "Biscuit", 3 Susters van Drie Susters en Tattoo.

Diskografie

  • Wat Die Hart Van Vol Is, 2014
  • Haak ´n Bietjie Uit, 2010 SELECT
  • Tattoo Live DVD, SELECT
  • 3 Susters + Superman, 2009 SELECT
  • 3 Susters, SELBCD722 2008 SELECT
  • Tattoo, SELBCD630 2006 SELECT
  • Welkom In My Wêreld, 2005 EMI
  • Skud Jou "Biscuit", 2004 EMI
  • Run With Me, 1997

Verwysings

  1. Vetseun.co.za, besoek op 21 Desember 2010.

Sien ook

Eksterne skakels

Nicholis Louw

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Nicholis Louw
Geboorte 30 Desember1979
Beroep(e) Sanger
Genre(s) Pop
Aktiewe jare 2003 - nou
Uitgewer(s) Select
Webwerf nicholislouw.co.za



Portal.svg Musiekportaal

Nicholis Louw (gebore 30 Desember1979) is 'n bekende Afrikaanse pop- en operasanger. Sy solodebuutalbum, My Hart Is Aan Die Brand is in 2003 deur Select-musiek uitgegee. Van sy treffers sluit in Ek Wil My Baby Hê Vanaand, Rock Daai Lyfie en Generaal.

Louw is op 12 Julie 2014 met Denise Shrewsbury getroud.[1]

Diskografie

  • Energie, SELBCD834 2009 SELECT
  • Intiem Met... Nicholis Louw (DVD), SELDVD7049 2009 SELECT
  • Elvis On My Mind, SELBCD774 2008 SELECT
  • Vergeet En Vergewe, SELBCD724 2008 SELECT
  • Hier Naby Jou, SELBCD649 2007 SELECT
  • Rock Daai Lyfie (DVD), SELDVD7010 2006 SELECT
  • Rock Daai Lyfie, SELBCD571 SELECT
  • My Hart Is Aan Die Brand, SELBCD465 2003 SELECT[2]

Verwysings

  1. Louw wil niks sleg oor sy troue hoor, Rapport, 12 Julie 2014
  2. vetseun.co.za, besoek op 9 Mei 2010.

Sien ook

Eksterne skakels

Lianie May

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Lianie May
Geboortenaam Lianie Oosthuizen
Geboorte 2 Augustus1976
Vereeniging, Suid-Afrika
Beroep(e) Sangeres
Aktiewe jare 2007 - nou
Uitgewer(s) MOZI-rekords
Webwerf lianiemay.co.za



Portal.svg Musiekportaal

Lianie May is 'n Afrikaanse sangeres. Haar regte naam is Lianie Oosthuizen, en haar musiek klink baie soos dié van Shania Twain en Dolly Parton.

Lianie is op 2 Augustus1976 in Vereeniging gebore, en het in Oranjeville grootgeword. Sy matrikuleer in 1994 aan die Afrikaans Hoërskool Sasolburg.

Na 'n optrede van Eden in Oranjeville het Lianie vir hulle ‘n oudisie in 'n kleedkamer gedoen. Johan Vorster en Sean Else het haar toe genader om by Mozi-rekords aan te sluit, waarna sy haar debuut CD in 2007 uitgebring het.

Haar liedjie Pretoria was vir 'n geruime tyd op Radio Rippel se top-20

Albums

  • Naweek Lyfie, 2014
  • Lank lewe die liefde, 2011
  • Boeremeisie, 2009 MOZI
  • Kersfees met Lianie, 2008 MOZI
  • Vergeet My Nie, 2007 MOZI

Filmografie

Sien ook

Verwysings

Eksterne skakels


MoniQue

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

MoniQue
Oorsprong Pretoria
Beroep(e) Sangeres
Genre(s) Afrikaans/Pop
Instrument(e) Stem, klavier
Aktiewe jare 2009 – nou
Uitgewer(s) Select Musiek
Webwerf moniquelive.co.za



Portal.svg Musiekportaal

MoniQue is 'n Afrikaanse sangeres en klavierspeler. Tydens die eerste Suid-Afrikaanse Idols-seisoen het sy onder die top-50 deelnemers geëindig. Haar debuutalbum, Ek val vir jou is in 2010 uitgereik. Haar debuutliedjie Sê My Hoe is ook op die CD Die Grootste Afrikaanse Sokkie Vol. 7 asook op die DVD 30 Goue Sokkie Treffers beskikbaar.

Diskografie

  • Ek val vir jou (2010)
  • Pienk Champagne (2011)

Sien ook

Eksterne skakels

Nádine

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Nádine
 

Geboortenaam Nádine Hoffeldt
Geboorte 28 Februarie1982
Durban
Beroep(e) Sangeres
Tipe stem Sopraan
Aktiewe jare 1996-



Portal.svg Musiekportaal

Nádine (gebore 28 Februarie1982 in Durban) is 'n Afrikaanse en Suid-Afrikaanse sangeres. Van haar treffers sluit in: Kaapse Draai en As jy wonder.

In 2010 maak sy opslae deur die World Peace Song Festival-sangkompitisie met haar liedjie This Time I Know It's For Real te wen. Daardeur het sy die eerste Suid-Afrikaner geword wat ooit die eerste plek in die kompetisie ingepalm het.

Diskografie

  • Krappies & Krefies, UNIVERSAL
  • Nádine, UNIVERSAL
  • You & I, UNIVERSAL
  • 44 Jongste Gunstelinge, UNIVERSAL
  • Simply Me, SONY BMG
  • Kaapse Draai Remix, SONY BMG
  • Mense soos jy, EMI
  • As jy wonder, 2007 EMI
  • Nádine 10 Years Live DVD, 2007 EMI
  • As Jy Wonder (herverpak), 2007 EMI
  • This Time I Know, 2008 EMI

Verwysings

  1. Nádine wen gesogte internasionale prys, Sarie, Februarie 2010
  2. Vetseun.co.za, besoek op 27 Maart 2010.

Sien ook

Eksterne skakels

Andriëtte Norman

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Andriëtte Norman
Oorsprong Brackenfell, Kaapstad
Geboorte 17 Oktober1987
Beroep(e) Sangeres
Instrument(e) Stem
Aktiewe jare 2007 – nou
Uitgewer(s) Sony Music, Select
Webwerf andriettenorman.co.za



Portal.svg Musiekportaal

Andriëtte Norman (17 Oktober1987-) beter bekend as Andriëtte is 'n Afrikaanse sangeres. Sy het al verskeie kere tydens KKNK en Huisgenoot-Skouspel opgetree. Van haar treffers sluit in: Napoleon (geskryf deur Steve Hofmeyr), Dinge en Sewe Oseane (wat geskryf is deur Rudi Claase), Storm in my hart en Dink aan my.

Norman is in 2007 aangewys as die naaswenner in die Suid-Afrikaanse TV-sangkompetisie Idols] Haar debuutalbum, Diamant is in 2008 vrygestel. In 2009 palm sy 'n Vonk-prys vir Beste Kontemporêre Vroulike album in. Haar tweede album, Dink Aan My is in 2009 uitgegee en haar derde, Vat My Hoër in 2011. In 2014 ontvang sy 'n Ghoema-Toekening in die kategorie Beste Kontemporêre Vroulike album vir die album Wat Rym Met Liefde.

Diskografie

Idols Season 4: Love Is All Around (2007)

  1. Love Is All Around
  2. Over The Rainbow

Diamant (2008, haar eerste CD)

  1. Hey Daar
  2. Black Velvet
  3. Sê Dit Weer
  4. Neem My Op Vlerke
  5. Hoekom Bly Jy Staan (Napoleon)
  6. Diamant
  7. Nou dat jy weg is
  8. Ek en jy
  9. You needed me
  10. Hart se punt
  11. Storm in my hart
  12. Be-ba-be-lula
  13. Chick keurspel (I love rock 'n roll, Fire, She's in love with you en If you can’t give me love.)

Dink Aan My (2009)

  1. Dink aan my
  2. Kom haal my
  3. Rock my weer
  4. Kom ek wys jou hoe liefde voel
  5. Stolen Moment
  6. Voor jy gaan slaap
  7. Sonder woorde
  8. Wens jy was nou hier
  9. Saam met jou
  10. Songbird
  11. Smile vir my
  12. SA keurspel (Special star, Jabulani, Vuli ndlela en Dance sum more.)[4]

Vat My Hoër (2011)

  1. Vat My Hoër
  2. Warrelwind
  3. Sonder Jou
  4. As Jy My Wil Hê
  5. Is Dit Jy?
  6. Swart Sambrele
  7. Dinge
  8. Jy's Myne
  9. Elke Oomblik Vir Jou
  10. Asemloos
  11. Sy Soene
  12. Without You
  13. A Little Peace

Wat rym met liefde (2013)

  1. Sewe Oseane
  2. Wat Rym Met Liefde
  3. Val Vir Jou
  4. Jabul'ujule
  5. As Een En Een Twee Is
  6. In Love With You
  7. Met Ander Woorde
  8. Beter As Die Beste
  9. Asof
  10. Ons
  11. Sal Jy My Anthou
  12. Welkom In My Hart
  13. Party Dae
  14. Napoleon [5]

Hoekom bly jy staan

Haar liedjie, Hoekom Bly Jy Staan (Napoleon) is deur Steve Hofmeyr geskryf. Die liedjie se refrein lui as volg:

Napoleon sou 'n wit vlag hys
'n Gentleman sou huis toe gaan
Die
Pous sou jou sê jy's wys
Maar my liefling, hoekom bly jy staan

Die
president sou op CNN; sy goedjies pak en huis toe gaan
De Wet sou Fleur (sy perd) omdraai
Maar my liefling hoekom bly jy staan,
ag my liefling hoekom bly jý staan.

Verwysings

  1. en:Idols (South Africa)
  2. Andriëtte sing...en sy sing, Beeld, 9 September 2008
  3. Van Hugo tot Straatligkinders met Vonk vereer, Beeld, 29 Oktober 2009.
  4. Vetseun.co.za, besoek op 05 Mei 2010.
  5. Vetseun.co.za, besoek op 21 Septermber 2014.

Sien ook

Eksterne skakels

Gerhard Steyn

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Gerhard Steyn
Geboortenaam Gerhardus Pieter Steyn
Geboorte 27 November1976
Beroep(e) Sanger en liedjieskrywer
Aktiewe jare 2006 - nou
Uitgewer(s) VONK
Webwerf gerhard-steyn.co.za



Portal.svg Musiekportaal

Gerhardus Pieter (Gerhard) Steyn (gebore op 27 November1976) is 'n bekende Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Hy is in 2006 aangewys as die Vonk-liedjieskrywer van die jaar. Met sy liedjie Baby Tjoklits, wat hy self sing, verower hy die 2009 Vonk-prys vir liedjie van die jaar. Die liedjie is ook deur Radio Rippel se luisteraars as die liedjie van 2009 aangewys.[1][2]

 

Diskografie

 

  • Tien van Harte, 2011 VONK
  • Als Begin Eers Nou, 2010 VONK
  • 17 Songs op 17 Mei DVD, 2008 VONK
  • Breekbaar, 2008 VONK
  • Sestien Songs, 2006 VONK/RMD
  • Blou Oog Meisie (enkel), VONK007 VONK
  • Teen Die Berg, VONK/RMD

Verwysings

  1. ‘Tjoklits’ laat Steyn die soet van die lewe proe, Beeld, 16 Desember 2009.
  2. Radio Rippel se SA Top-10, besoek op 24 Maart 2010.
  3. Vetseun.co.za, besoek op 24 Maart 2010.

Sien ook

Eksterne skakels


Adam Tas (sanger)

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Adam Tas
Geboortenaam Francois van der Merwe
Geboorte 25 Augustus1981
Pretoria, Suid-Afrika
Beroep(e) Sanger
Genre(s) Afrikaans
Aktiewe jare 2003 - nou
Uitgewer(s) EMI, Ramkat, Select Musiek
Webwerf adamtas.co.za



Portal.svg Musiekportaal

Adam Tas (gebore 25 Augustus1981 in Pretoria) is 'n Afrikaanse sanger en liedjieskrywer. Van sy treffers sluit in Van 'n druppel tot 'n brander, Ben Bicycle, Jantjie Koggelman en Harry Potter. Meer onlangs Is dit hoe sy hemel lyk, en sy nuwe treffer Die huis waar stilte woon.

Diskografie

  • Man van Stof, 2012 
  • Storm van Liefde, 2010 SELECT
  • Ben Bicycle, 2008 RAMKAT
  • Springbok Radio, 2006 EMI
  • My Memories In 'n Menthol, 2004 EXALTATION/BOWLINE
  • Nag van die Nerf, 2003 WILDEBEEST

Verwysings

  1. Vetseun.co.za, besoek op 11 April 2010.

Sien ook

Eksterne skakels

Elizma Theron

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Elizma Theron
Beroep(e) Sangeres
Genre(s) Pop
Uitgewer(s) SELECT MUSIEK
Webwerf http://www.elizmatheron.co.za/



Portal.svg Musiekportaal

Elizma Theron is 'n Afrikaanse sangeres en aktrise. Sy is in Bethlehem in die Vrystaat gebore, maar het haar skoolloopbaan in Kuruman, Noord-Kaap begin en voltooi. Sy het ook in KykNET se sepie, Villa Rosa gespeel. Haar liedjie "Lapaside" was vir verskeie weke die nommer een-treffer op MK89.

Diskografie

  • Lapaside, 2005 NEXT MUSIEK (haar debuutalbum)
  • Casanova, 2007
  • Gee my meer, 2007 NEXT MUSIC
  • Ek soek jou, 2009 SELECT

Filmografie

Verwysings

  1. Vetseun.co.za, besoek op 25 April 2010.

Sien ook

Eksterne skakels

Bok van Blerk

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Bok van Blerk
Geboortenaam Louis Andreas Pepler
Geboorte 30 Maart1978
Boschkop,
Suid-Afrika
Beroep(e) Sanger
Instrument(e) Stem
Aktiewe jare 2006 – nou
Uitgewer(s) Mozi-rekords
Webwerf bokvanblerk.co.za



Portal.svg Musiekportaal
Afbeelding wat gebruik was in Bok van Berk se lied De la Ray. Die vlag is die ou Transvaalse Vierkleur.
Afbeelding wat gebruik was in Bok van Berk se lied De la Ray. Die vlag is die ou TransvaalseVierkleur.

Bok van Blerk, gebore Louis Pepler op 30 Maart1978, is 'n Afrikaansemusikant wat in 2006 bekendheid verwerf het met die liedjie De la Rey geskryf deur Sean Else en Johan Vorster.

Van Blerk het in Pretoria op Laerskool Menlopark skoolgegaan en aan die Hoërskool Die Wilgersgematrikuleer.[2] Nadat hy konstruksiebestuur studeer het, het hy 'n tyd lank in die buiteland gewerk.

In Maart 2006 kom die album "Jy praat nog steeds my taal" deur Bok van Blerk en die Mossies uit. Dieselfde album word in Oktober 2006 weer uitgereik, hierdie keer onder die naam De La Rey, en met die kunstenaar nou slegs as Bok van Blerk aangegee. Volgens Van Blerk is die Mossies verwyder aangesien sy medesanger, Tanya van Graan, te besig was met modelwerk. Van Blerk word begelei deur Jaco Mans (asook somtyds Manie van Niekerk) op hoofkitaar, Francois Coetzee op bas-kitaar en Natan Smit as drommer.

Op 6 Februarie 2007 het die Suid-Afrikaanse departement van kuns en kultuur 'n verklaring oor die liedjie De la Rey uitgereik. Die stap het gevolg op omstredenheid wat ontstaan het rondom die liedjie as gevolg van die gewildheid daarvan in regse kringe waar dit geïnterpreteer word as 'n oproep tot gewapende stryd. By van Van Blerk se konserte het van die toeskouers ook die ou Suid-Afrikaanse vlag en die Vierkleur rondgeswaai. In 'n Huisgenoot-artikel het die tydskrif minister Pallo Jordan gevra om kommentaar te lewer op die liedjie en die boodskap wat daarin gelees word. In die verklaring spreek die ministerie sy kommer uit dat die liedjie deur regse elemente gekaap kan word, maar wens die sanger egter voorspoed toe met die liedjie. Die minister verklaar ook dat hy nie 'n probleem het met protes of die mobilisering van opposisie nie so lank dit binne die raamwerk van die wet plaas vind.

Van Blerk self sê dat hy nie hom nie vereenselwig met die ou landsvlag nie en dat hy nie daarmee geassosieer wil word nie. Hy beywer hom egter wel vir Afrikaans en het byvoorbeeld geweier om deel te neem aan die radiostasie 94.7 Highveld se musiekkonsert as gevolg van die radiostasie se beleid om geen Afrikaanse musiek te speel nie. Hy maak dit ook duidelik dat hy nie met die Boeremag saamstem nie en dat hy nie glo dat geweld 'n oplossing vir Afrikaners se probleme is nie en wys daarop dat generaal De la Rey ten gunste van vrede was.Koos Kombuis wys ook daarop dat Van Blerk se rugby-liedjie oor die bruin rugbyspeler, Bryan Habana, handel.

Op 19 Februarie het die Van Blerk die prys vir beste video gewen vir die De La Rey video in die eerste MK-toekennings.

Tydens die 2010 SAMA-toekennings word Van Blerk se album Afrikanerhart aangewys as die beste verkoper vir 2009.

Diskografie

Van Blerk se albums:

  • De La Rey (Jy praat nog steeds my taal) (2006, Mozi)
  • Ons vir Jou Suid-Afrika (2008, Mozi)
  • Afrikanerhart (2009, Mozi)
  • My Kreet (2010)

Filmografie

Verwysings

Sien ook

Eksterne skakels

Robbie Wessels

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Robbie Wessels
Geboortenaam Robert Albert Wessels
Geboorte 30 Oktober1980
Kroonstad, Suid-Afrika
Beroep(e) Sanger, akteur, liedjieskrywer
Instrument(e) Stem
Webwerf robbiewessels.co.za



Portal.svg Musiekportaal
Robbie Wessels

Geboortenaam Robert Albert Wessels
Alias Poena
Geboorte 30 Oktober1980
Kroonstad, Suid-Afrika
Nasionaliteit Suid-Afrikaans
Beroep(e) akteur, sanger, liedjieskrywer
Rolprente Poena is Koning (rolprent)

Robert Albert Wessels (gebore 30 Oktober1980 op Kroonstad) is 'n bekende Afrikaanse sanger en akteur. Hy is in 2005 deur Huisgenoot aangewys as Beste Nuweling in die Afrikaanse Musiekbedryf, en in 2006 is sy liedjie Leeuloop deur Huisgenoot aangewys as die Liedjie van die Jaar.

Biografie

Wessels is op 30 Oktober 1980 op Kroonstad gebore. Hy matrikuleer aan die Hoërskool Strand waarna hy drama aan die Technikon Pretoria (tans die Tshwane-Universiteit van Tegnologie) studeer. Hy verwerf sy diploma in 2002 waarna hy die vermaaklikheidswêreld aandurf. Kort daarna kry hy die geleentheid om die rol van Anton in RSG se radioverhaal Blinkwater te vertolk. Sy eerste televisierol was dié van Poena in die program Gauteng-alêng-alêng.

Diskografie

Wessels het die volgende albums uitgereik:

  • Kaalvoet, 2011
  • Afrika Sonsak, 2009
  • Halley se Komeet, 2007
  • My Vissermanvriend se Pa, 2005

Filmografie

Rolprente waarin Wessels speel:

Sien ook

Verwysings

  1. Robbie Wessels: 'n Bietjie Stout, besoek op 5 Augustus 2008

Eksterne skakels


Karlien van Jaarsveld

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Karlien van Jaarsveld
Geboorte 21 Desember1985
Paarl, Wes-Kaap, Suid-Afrika
Beroep(e) Sangeres
Genre(s) Popmusiek
Instrument(e) Kitaar, stem
Aktiewe jare 2005 – Steeds Teenwoordig
Uitgewer(s) Coleske Artists
Webwerf karlienvanjaarsveld.co.za
Assosiasies Revolusie



Portal.svg Musiekportaal

Karlien van Jaarsveld (21 Desember1985, Paarl) is 'n Afrikaanse sangeres. Haar debuutalbum, As die Gordyn Val, is in 2010 uitgereik. Sy was ook vroeër 'n lid van die rockgroep Revolusie, maar het teen die einde van 2008 daaruit bedank.

Biografie

Karlien van Jaarsveld is die oudste van drie kinders. Haar broer, Bobby van Jaarsveld, is ook 'n sanger.

Sy het in 2005 saam met Bobby van Jaarsveld begin optree as sy kitaarspeler en agtergrondsangeres. Sy het ook 'n duet saam met Bobby gesing op sy eerste album. Karlien het omstreeks 2006 besluit om haar eie koers in te slaan en het toe 'n rockgroep gestig, Revolusie. Sy was die stigter en hoofsangeres van dié groep. Rockmusiek was altyd in haar bloed en sy het die twee jaar saam met Revolusie beskou as 'n uitstekende leerskool.

Karlien het egter in Oktober 2008 besluit om 'n sololoopbaan te volg en het Revolusie verlaat.

Johan Vorster Songs het Karlien as kunstenaar ingeneem. Karlien se album “Jakkals Trou Met Wolf Se Vrou” is uitgereik. Twee video's is ook geskiet van “Beter as Liefde” en “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”. Die album se verkope het platinumstatus bereik.

Karlien het verskyn in die Afrikaanse fliek Platteland saam met Steve Hofmeyr, Bok van Blerk, Jay en Lianie May. Sy speel die rol van 'n parmantige matriekdogter.

Karlien is getroud met die voormalige Springbok en Blou BulDerick Hougaard. Sy het einde 2013 die lewe geskenk aan tweelingseuns. Die liedjie "Daniël en Elija" op haar jongste album, My Hartjie, is aan hulle opgedra.

Pryse en benoemings

Karlien is in 2011 vir drie Huisgenoot Tempotoekennings benoem:

  • Beste nuweling,
  • Beste popalbum
  • Beste vroulike kunstenaar

waarvan sy beste nuweling gewen het.

Karlien is benoem in die Ghoema Toekenning vir die volgende kategorieë:

  • Beste vroulike kunstenaar;
  • Liedjie van die jaar vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”,
  • Musiekvideo van die jaar vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”,
  • Album van die jaar vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”,
  • Beste popalbum vir “Jakkals Trou met Wolf se Vrou”. waarvan sy beste vroulike kunstenaar, musiekvideo van die jaar en beste popalbum gewen het.

Albums uitgereik

As die Gordyn Val

As die Gordyn Val is Van Jaarsveld se debuutalbum. Dit is in 2010 op CD vrygestel.

Jakkals Trou met Wolf se Vrou

Jakkals trou met Wolf se vrou (2011; Vinyl en CD) is 'n heruitreiking van haar eerste debuutalbum "As die gordyn val" met nuwe snitte daarop:

  1. Jakkals trou met wolf se vrou
  2. Beter as liefde
  3. Ek wag nogsteeds vir jou
  4. Sweet dreams
  5. As die gordyn val
  6. Daar's 'n storm
  7. Feeverhaal
  8. Sonder jou
  9. Lief vir jou geraak
  10. Rooi Ligte
  11. Lief maar nie verlief
  12. Van Jaarsveld hartedief
  13. Soos jy dit doen
  14. Ses Snare
  15. Een laaste kans
  16. Sê wat jy wil sê
  17. Just like Jesse James
  18. Halleluja

Uitklophou

Uitklophou (2013; CD & Vinyl). Die vinyl weergawe bevat nie die volgende snitte nie, "Ek wil nie kwaad gaan slaap nie.", "Uitklophou (met Eden)", "Alles behalwe jou hart", "Maybe Baby Vanaand" en "It's a Heartache."

Speellys van liedjies
  1. Hande
  2. Trou met my
  3. Snak na my asem
  4. Ek wil nie kwaad gaan slaap nie
  5. In die donker
  6. Al maak jy wat
  7. Hoor hoe raas die stilte
  8. Ek wonder
  9. Uitklophou (met Eden)
  10. Alles behalwe jou hart
  11. Al breek ons gelyk
  12. Maybe baby vanaand
  13. It's a heartache
  14. Toe ons jonk was(duet met Bobby van Jaarsveld

My Hartjie

My Hartjie is in 2015 op CD vrygestel.

Speellys van liedjies
  1. My Hartjie
  2. Geskeurde Jeans
  3. Woorde
  4. Jy is
  5. Go your own way
  6. Holding out for a hero
  7. Breek
  8. Daniel en Elia
  9. Lewe vir liefde
  10. Tot die perde eendag horings kry
  11. Voel weer
  12. Bitter blue
  13. Dancing in the dark
  14. Kyk hoe glinster die maan/Stille water

Filmografie

Teater

  • Aspoestertjie (2015)

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings

Bobby van Jaarsveld

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Bobby van Jaarsveld
 

Geboortenaam Bobby van Jaarsveld
Geboorte 6 Maart1987
Paarl, Suid-Afrika
Beroep(e) Musikant
Aktiewe jare 2001 - nou
Uitgewer(s) Jukebox-rekords, Blêr-musiek
Webwerf bobbyvanjaarsveld.co.za



Portal.svg Musiekportaal

Bobby (Bobbles) van Jaarsveld (6 Maart1987), is 'n Afrikaanse sanger en akteur. Van sy treffers sluit in: Spieëltjie en Waar is jy.

Van Jaarsveld speel 'n hoofrol in 'n Ster-Kinekor rolprent, Liefling, wat in 2010 vrygestel is.

Sy suster Karlien van Jaarsveld is ook 'n sangeres in eie reg.

Biografie

Pieter van Jaarsveld is op 6 Maart1987 in Paarl, Suid-Afrika, gebore. Hy het die bynaam Bobby by sy pa gekry. Hy is die middelste van 3 kinders (sy susters is Karlien en Cara).

Bobby was in 7 verskillende laerskole, waarna hy sy hoërskoolloopbaan by die Hoërskool Brits begin en voltooi. Hier neem hy aan talentkompetisies deel en ontwikkel 'n liefde vir die musiekbedryf. Hy slaan sy eerste CD-kontrak in Graad 11 los, en sy eerste soloalbum word vroeg in sy matriekjaar uitgereik.

Hy is op 7 Januarie 2011 met sy skoolliefde, Annatjie Rheeders, in die eg verbind. Hulle het twee seuns, Sion (gebore 24 Oktober 2011) en Leben (gebore 20 Desember 2012).

Pryse

Bobby het tot op hede 'n reeks pryse ontvang vir sy bydrae tot Afrikaanse musiek.

Jaar Beskrywing Prys
2015 Ghoema Toekennings Beste Pop-Album deur 'n Manlike Kunstenaar - Maak 'n Wens
2015 Ghoema Toekennings Manlike Kunstenaar van die Jaar
2015 Ghoema Toekennings Album van die Jaar - Maak 'n Wens
2014 Ghoema Toekennings Beste Musiekvideo - EENS IN ‘N LEEFTYD met Riana Nel
2014 Huisgenoot Tempo Toekennings Liedjie van die Jaar
2013 Ghoema Toekennings Beste Musiekvideo: ‘n Vrou Wil Dit Hoor
2013 Ghoema Toekennings Beste Manlike Kontemporêre Album: Wat Geld Nie Kan Koop Nie
2013 Ghoema Toekennings Manlike Kunstenaar van die Jaar
2013 Ghoema Toekennings Liedjie van die Jaar: ‘n Vrou Wil Dit Hoor
2013 Huisgenoot Tempo Toekennings Album van die Jaar - Wat Geld Nie Kan Koop Nie
2013 Huisgenoot Tempo Toekennings Musiekvideo van die Jaar - ‘n Vrou Wil Dit Hoor
2013 Huisgenoot Tempo Toekennings Liedjie van die Jaar - ‘n Vrou Wil Dit Hoor
2012 Ghoema Toekennings Liedjie van die Jaar: Kan Ek Met Jou Praat
2012 90.6 FM Stereo Toekennings Top 15 Kunstenaar
2012 Huisgenoot Tempo Toekennings Mees Gewilde Manlike Kunstenaar
2011 MK Toekennings Beste Solo Album: Net Vir Jou
2011 MK Toekennings Beste Kontemporêre Liedjie: Spieëltjie
2011 Huisgenoot Tempo Toekennings Mees Gewilde Manlike Kunstenaar
2011 Jacaranda 94.2 Toekennings Mees Gewilde Manlike Kunstenaar
2010 KykNet DKNT Gunsteling Kunstenaar vir 2009
2010 SAMA Toekennings Beste Afrikaanse Kontemporêre Album: Net Vir Jou
2010 Huisgenoot Tempo Toekennings Beste Afrikaanse Liedjie: Spieëltjie
2010 Huisgenoot Tempo Toekennings Beste Afrikaanse Kontemporêre Album: Net Vir Jou
2010 Vonk Toekennings Beste Manlike Kunstenaar
2010 Vonk Toekennings Beste Afrikaanse Kontemporêre Album: Net vir jou
2010 Vonk Toekennings Beste Oorspronklike Liedjieskrywer
2010 Vonk Toekennings Beste Afrikaanse Liedjie: Spieëltjie
2006 Huisgenoot Tempo Toekennings Beste Nuweling

Diskografie

  • Maak 'n Wens, 2014
  • Wat geld nie kan koop nie, 2009
  • Liefling-klankbaan, 2010 Jukebox-rekords
  • Genees hierdie land, saam met Tania Strauss, 2010
  • Net vir jou, 2009 Jukebox-rekords
  • Duisend ure, 2007
  • Ken jy Talina?, Blêr-musiek
  • Vat my saam, Blêr-musiek

Filmografie

Sien ook

Eksterne skakels

Verwysings


Gerrie Pretorius

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Gerrie Pretorius
Beroep(e) Sanger
Genre(s) Afrikaanse popmusiek
Instrument(e) Stem
Aktiewe jare 2001-nou
Webwerf gerriepretorius.co.za
 
 
 
Portal.svg Musiekportaal

Gerrie Pretorius is 'n bekende Afrikaanse sanger. Hy begin sy sangloopbaan in 2001 met die vrystelling van Annemarie my Skat, wat ook sy eerste platinum-album was. Hy het daarna verskeie ander albums uitgereik, waarvan verskeie platinum-status bereik het. Van sy treffers sluit in, Annemarie my Skat, Adio Amore en 7 Sondes.

Pretorius reik in 2007 'n album genaamd Ek sing vir jou Bles ter nagedagtenis van Bles Bridges uit. In Maart 2008 het hy saam met Dana Winner, as deel van haar Suid-Afrika Platinum Worldtour, deur Suid-Afrika gereis.

Pretorius het al verskeie kere in Nederland opgetree en ook 'n CD in die lae lande uitgegee, waarin hy 'n duet saam met Anny Schilder, 'n voormalige sangeres van BZN, sing.

Diskografie

  • Gister en Vandag, 2011
  • Musiek En Woorde / My Storie DVD, VONK MUSIEK
  • Alles Pas, MAROELA, 2009 (Goud)
  • Vriende Vir Altyd / Swing / Ek Sing Vir Jou Bles 3CD, 2009 MAROELA
  • My Storie DVD, 2009
  • Vriende Vir Altyd, MAROELA, 2008 (Goud)
  • Ek Sing Vir Jou Bles – Die DVD, MARANATHA, 2007 (Platinum)
  • Ek Sing Vir Jou Bles, MAROELA, 2007 (Platinum)
  • Gerrie Pretorius "LIVE" CD, 2007 MAROELA
  • Swing, MAROELA, 2006 (Platinum)
  • Gerrie Pretorius in Konsert DVD, MAROELA, 2005 (Platinum)
  • Adio Amoré, MAROELA, 2005 (Platinum)
  • Annemarie CD, Hei Jy CD, Bonus CD (3 CD-stel), MAROELA
  • Loslappie CDs
  • Hei Jy, MAROELA, 2003 (Platinum)
  • Annemarie, MAROELA, 2001 (Platinum)
  • Met Liefde, SONY/BMG

Filmografie

Sien ook

Verwysings

  1. Pretorius se webtuiste, besoek op 9 Oktober 2015
  2. Vetseun.co.za, besoek op 11 Desember 2010.


 
 
 
 
 
 
 
 
 




 


 
 


 


 
 

 


 


 
 
 


 


 
 


 


 
 


 


 
 

 
 


 

Hier volg ’n alfabetiese lys van bekende of andersinds noemenswaardige Suid-Afrikaanse musikante.
A

B

C

D

E

F

G

H

I

J

K

L

M

N

O

P

Q

R

S

T

U

  • Hannes Uys, pianis, koordirigent †
  • Tessa Uys, pianis

V

W

X

Y

Z

 
 
 
 
 

 
 
 
 
 
 
 
           
       
   
 


 
 
 
 
 
 
   
       
 
 
 

 

         
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Save
Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden